Company References

Klipkappery bekoor hom van kleins af


John de Jager is ’n klipkapper en bouer wat sy passie en bekoring met dié eeueoue ambag ingespan het om ’n suksesvolle onderneming op die been te bring. Op sy opelugperseel en tussen klippe het hy aan Liana Mocke vertel van sy verhouding met klip.

Die Burger  25 Jul 2016  Hoe groot is jou onderneming?



John de Jager sit hier op van die klip wat hy by Stone Age Construction gebruik. Minerale in van die klip gee dit interessante kleure. Hy kry klip soos sandsteen, rivierklippe en graniet by myne en op plase van oor die hele land. Vragte van selfs meer as 30 ton word aangery en met die hand afgelaai.

Vertel meer oor jou reis as klipkapper?

Ek het nooit beplan om klipkappery as ’n beroep te beoefen nie, hoewel dit nog altyd ’n passie en belangstelling was. Ek was in 1997 aan die rondreis deur die wêreld om onder meer die Asteke se ruïnes in Mexiko te verken en in Europa se katedrale rond te dwaal want die ambag van klipkappery het my van jongs af gefassineer.

Dit was toe my ma siek word en ek terugkeer na Suid-Afrika dat ek op Barrydale beland het om by haar te wees. My oom het ’n ou kliphuis daar vir my ma gegee en ek het dit begin restoureer en, omdat dit van klip was, het ek met klippe ingespring en aan die huis begin werk.

Ek het daarna nog ’n huis gekry en so het ek begin leer van bou en klippe kap.

Ons was 12 jaar daar voor ons na Klapmuts verskuif het. Ons is nou al vier jaar by hierdie perseel aan die klippe kap.

Hoekom werk jy vir jouself?

Ek het hierdie onderneming begin nie om geld te maak nie maar om my passie te volg. Dit was ’n besluit om te doen waarvan ek hou. Ek het nog nooit vir iemand anders gewerk nie en sal ook nooit kan nie.

Hoekom het jy die onderneming begin en hoe het jy dit laat groei?

Tydens die jare op Barrydale het ek besef daar bestaan ’n geleentheid om bouery en klipwerk te integreer met die kennis wat ek opgedoen het. Ek het begin om bouwerk en klipkappery saam in te span in my onderneming want ek verstaan die twee baie goed.

Dit is byvoorbeeld belangrik as jy klipwerk in ’n bouprojek inwerk, om die tegniese kennis te hê oor hoe pleister en klip reageer, en wat die impak op waterdigtheid is.

Ek het die onderneming, Stone Age Construction, in 2001 geregistreer en saam met bouwerk het ek die onderneming begin groei en uitbou.

Ek het Klapmuts gekies as ons tuiste omdat hier baie klip is, dit gerieflik naby is vir kliënte om na voorbeelde te kyk, en ons is ook naby aan die stad.

Deesdae werk ons op groot projekte en het ook al aan projekte in Frankryk gewerk. Ons sê nooit nee vir enige projek of uitdaging nie.

Waar het jy geleer?

Jy leer nêrens formeel nie en op Barrydale het ek by ander klipkappers van die ambag begin leer. My onderneming lei ook mense op wat die passie én persoonlikheid het om klipkappers te word. ’n Klipkapper moet geduld hê en die regte temperament om met klip te werk. Dit neem byvoorbeeld ongeveer drie weke om net een wasbak uit klip te kap.

Hoe het jy die onderneming vernuwe?

Buiten vir die boudeel waar ons klip in bouprojekte gebruik, is daar nou nog ’n been van die onderneming wat fokus op kliplateie, wasbakke, gedenkstene, pilare, bakke

en nog ’n paar ander produkte.

Hoe groot is jou onderneming?

Mededingers kan seker verskil, maar ons is die grootste klipkap-onderneming in die WesKaap. Ons het oor die 100 klipkappers met wie ons saamwerk en het vier personeellede wat die administrasie hanteer en vyf bestuurders.

Waar kry julle die klip vandaan?

Al die klip wat ons hier gebruik, kom uit Suid-Afrika. Ons voer geen klip in nie. Ons myn ook nie vir klip nie. Klip word gehaal op boere se plase en kom van myne af van oral oor die land, tot sover as Kathu.



Hoe span julle tegnologie in met hierdie eeueoue bedryf van klipkappery?

Ons het ’n webwerf waar kliënte en voornemende kliënte kan sien wat ons hier maak en kan loer na ons portefeulje. Daar is ook voorbeelde van verskillende style en die soort klip wat ons gebruik.

Ek is baie opgewonde oor ons e-winkel wat pas geopen het. Hier kan kliënte wasbakke bestel en die prys wat ons kwoteer sluit aflewering met ’n koerierdiens in.

Wat was die lekkerste projek waaraan jy tot nou toe nog gewerk het?

Die eerste huis wat ek op Barrydale gebou het.

Wat is jou raad aan entrepreneurs?

 Moet nooit moed opgee nie. ) Hou aan om jouself uit te daag – druk jouself voortdurend. ) Spanwerk is uiters belangrik. Ek is bevoorreg om met ’n fantastiese span saam te werk. Ons is soos familie en ek glo dit is belangrik dat almal wat hier werk, inpas by dit wat ons doen en aanpas by mekaar.



Hi, John

Very often customers only speak when they have something to complain about, and when things are done right we just take things for granted or don’t bother to show our appreciation. I just wanted to send thanks to you and your team for the ice white cladding just completed around my pool – I was the customer who thought I would just not get it done this year – firstly, your team really went out of their way to accommodate me before your Christmas closure and not only that I am extremely happy with the excellent workmanship. I won’t even talk about the pains I’m still having with other contractors on my small project but it was an absolute pleasure to work with your team. The guys worked tirelessly even though the work is hard labour in the sun, they are pleasant, peaceful and do a great job. Janie and the team’s supervisor visited I don’t know how many times to check on things and had them rectify even small things which I hadn’t even noticed!

I will most certainly go out of my way to recommend Stone Age Construction.

Thanks again to your entire team and wishing you all a great rest over the holidays.

Kind Regards
Allan van Lelyveld




Goeie môre Marius en span.

Baie dankie vir die puik vakmanskap en brilante dienslewering wat julle ouens aan my gelewer het.

Sê ook asb dankie vir manne (Mondi en sy span) vir die mooi skoonmaak, ek kan nêrens sien waar hulle sement gemeng, of klip gekap het nie.

Ek is werklik beïndruk oor hoe mooi skoon hulle my werf gelaat het.

Vriendelike groete

Gideon J. Nieuwoudt  






HI John -

Just to say a huge thank you for all your effort on the stones for my property. I REALLY appreciate it!

Delani and the team that helped on the days were amazing. Never once moaning about 'No wait, move it there- Oh wait.....' (;  Unbelievable! She is remarkable...

Such a pleasure working with such a cool team so thank for a truly positive experience.

Heads up. It ain't over yet either. I think Dempers may be in touch again to make a few water basins for the modern barn near the granite pillars.

I'll also be in touch once I have the plaques that will need to have a few holes drilled into the sandstone (max 6)

Thanks again John, your pieces have added a whole new dimension to the project.

Joanne